Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Devoon | Onder | Lochkovium | jonger | |
Siluur | Pridolium | 419,2–423,0 | ||
Ludlow | Ludfordium | 423,0–425,6 | ||
Gorstium | 425,6–427,4 | |||
Wenlock | Homerium | 427,4–430,5 | ||
Sheinwoodium | 430,5–433,4 | |||
Llandoveri | Telychium | 433,4–438,5 | ||
Aeronium | 438,5–440,8 | |||
Rhuddanium | 440,8–443,4 | |||
Ordovisium | Laat | Hirnantium | ouer | |
Die verdeling van die Siluur (IKS). |
Die Pridolium is die laaste chronostratigrafiese serie sowel as geologiese epog van onderskeidelik die sisteem en periode Siluur. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het. Die Pridolium word nie onderverdeel in tydsnedes nie.
Die tydperk was van sowat 423 tot 419,2 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die etage/tydsnede Ludfordium van die Ludlow-serie en is gevolg deur die eerste etage/tydsnede van die Devoon, die Lochkovium.